|
Centurion Sakekamer weer 'n Wenner! Oktober 1999
By die afgelope AHI Kongres gehou by Sun City op 20 Oktober 1999 is die Centurion
Sakekamer vir die tweede agtereenvolgende jaar as die beste sakekamer in sy kategorie in Suid-Afrika en internasionaal aangewys.
 Michael van der Westhuizen (middel), huidige voorsitter van Centurion Sakekamer, met die trofee vir die
beste sakekamer in die land. By hom is Cas Botha (links) van die AHI en Steynman de Bruin van AHI Gauteng.
Baie dankie aan al ons lede en die sakekamerbestuur van 1998-99. Sonder julle sou
ons nie weer hierdie prestasie kon behaal nie. Dit is in oomblikke soos hierdie wat ons vir Dickie - die voorsitter tydens hierdie termyn - weer opnuut mis. Sy voorsitterskap wat hy ten spyte van sy siekte met soveel ywer aangepak het, was van besondere waarde.
Steynman de Bruin (AHI Gauteng), dr. Stef Naudé (uittredende president van die AHI), Cas Botha (AHI),
Michael van der Westhuizen (voorsitter Centurion Sakekamer), Jacob de Villiers (HUB AHI), Tertius Zitske (voorsitter Pretoria Afrikaanse Sakekamer) en Willem Barnard (pasverkose president van die AHI) tydens
die oorhandiging van die trofees aan die beste sakekamers in Suid-Afrika.
Dit was ook die eerste keer dat Centurion Sakekamer ingeskryf het vir die
Toerismetrofee en daar het ons 'n derde plek behaal. Ons is baie trots op hierdie toekenning aangesien 1999 die eerste jaar is wat ons werklik probeer het om van Centurion 'n toerismevriendelike dorp te maak.
Die Sakekamer sal hierdie prestasies op gepaste wyse vier met die jaarafsluiting op 19 November saam met al ons lede, hulle gesinne en ons vriende.
|