Argief:
Hierdie was die webwerf van Centurion Sakekamer vanaf die 1990s tot 5 Oktober 2005. Dit word nou slegs behou as argief en word nie meer bygehou nie.

Nuusvrystelling

 

Doelstellings
Lidmaatskap
Byeenkomste
Nuus
Bestuur
Kontak
Skakels
Terugvoer

 

Nuus-
vrystellings
Foto's van
Funksies

 

Geborg deur:
SuproNet

Centurion Sakekamer 'n Wenner
2 November 1998

Centurion Sakekamer is pas deur die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) aangewys as die beste sakekamer (in die kategorie vir kleiner sakekamers) in die land. Mnre Dickie Mertsch, Voorsitter, en Anton He˙denr˙ch, Oud-Voorsitter, het die trofee tydens 'n spogdinee in Seepunt se Arthur Seat Hotel van die pasverkose nuwe President van die AHI, dr. Stef Naudé, ontvang. Centurion Sakekamer het die louere weggeraap voor verlede jaar se wenner, Vanderbijlpark Afrikaanse Sakekamer. Meer as 110 sakekamers landwyd is by die AHI geaffilieer. Die Presidentstrofee vir groter sakekamers is weereens deur Pretoria Afrikaanse Sakekamer verower.

Mnre. Dickie Mertsch, huidige voorsitter en onder-voorsitter vir 1997/8, Anton He˙denr˙ch, oud-voorsitter (1997/8) van Centurion Sakekamer en dr. Stef Naudé, pasverkose nuwe President van die AHI, wat die Vise-Presidentstrofee vir die beste kleiner sakekamer in die land aan Centurion Sakekamer oorhandig het.


Die Vise-Presidentstrofee word jaarliks toegeken aan die kleiner sakekamer wat die beste presteer in terme van kriteria wat insluit bywoning van bestuursvergaderings, groei in lede, beplanning, bemarking en kommunikasie, aksies ter bevordering van entrepreneurskap, beïnvloeding van politieke magsgroepe, projekte ter bevordering van lede se belange en beeldbou-aksies.

Centurion Sakekamer het die trofee verower sy goeie prestasie in die vorige termyn (1997/8). Ongeveer 12 funksies is aangebied waaronder die jaarlikse Centurion van die Jaar en die baie geslaagde seminaar oor die wet op arbeidsverhoudings. Daar was 'n netto ledegroei van ongeveer 36% terwyl die sakekamer ook 'n groot rol gespeel het in die totstandkoming van die plaaslike besigheidsondersteuningsentrum (CenBis). Talle aksies is ook geneem om die sakekamer en sy bedrywighede onder die aandag van sy lede, ander sakelui en die publiek te bring. Centurion was die eerste sakekamer wat sy eie Netplek daargestel het en berigte oor die werksaamhede van die sakekamer het gereeld in
Beeld en die plaaslike media (insluitende Rekord Centurion) verskyn. (Meer inligting oor die bedrywighede van die sakekamer gedurende die vorige termyn kan verkry word in die jaarverslag. Dit kan afgelaai word in pdf-formaat deur hier te klik (258kB))

Mnre. Steinman de Bruyn, Voorsitter van AHI Gauteng, Dickie Mertsch, huidige voorsitter van Centurion Sakekamer, Anton He˙denr˙ch, oud-voorsitter (1997/8) van die sakekamer en Cas Botha, Bestuurder Gauteng van die AHI, by die Vise-Presidentstrofee wat aan Centurion Sakekamer toegeken is as beste kleiner sakekamer in die land.


Mnr. Anton He˙denr˙ch , oud-voorsitter (1997/8), spreek sy dank uit teenoor die vorige bestuur wat baie hard gewerk het om die sakekamer uit te bou en waarde vir lede te bied. Hy bedank ook alle lede vir hulle insette en die besture van vorige jare wat gehelp het om die fondament te lê vir die prestasie wat behaal is en die plaaslike en nasionale pers wat blootstelling verleen het.

Die huidige voorsitter, Mnr. Dickie Mertsch, nooi alle sakelui van Centurion opnuut uit om by die wenspan aan te sluit en die hand van plaaslike sakelui verder te versterk. Deur lidmaatskap van die plaaslike sakekamer verkry lede inspraak in die
AHI en daardeur in Besigheid Suid-Afrika en Nedlac. Dit is dus by uitstek die manier waarop kleiner sakelui hulle stem kan laat hoor. Die sakekamer verteenwoordig ook plaaslike sakelui se belange in plaaslike aangeleenthede en bied gereeld geleentheid vir skakeling en opleiding aan.

Dawie de Villiers (PAS), Ria Nieman (PAS), Tertius du Plessis (Voorsitter PAS), Steinman de Bruin (Voorsitter AHI Gauteng), Cas Botha (Bestuurder AHI Gauteng), Dickie Mertsch (Voorsitter Centurion Sakekamer), Anton He˙denr˙ch (Oud-Voorsitter (1997/8) Centurion Sakekamer) by die Presidents- en Vise -Presidentstrofeë wat PAS en Centurion Sakekamer verower het as onderskeidelik die beste groter en beste kleiner sakekamer in die land.

Vorige berig

 Volgende berig   >

 

Centurion Sakekamer is trots om geassosieer te wees met die volgende twee Webwerwe:

CenturioNet       BesigheidCenturion

[Doelstellings] [Lidmaatskap] [Byeenkomste] [Nuus] [Bestuur] [Kontak] [Skakels] [Terugvoer]

[Nuus- vrystellings] [Foto's van Funksies]


Meld asseblief enige probleme met hierdie bladsye aan by die Webmeester.
© 2001, 2002, 2003, 2004, 2005
SuproNet, 'n afdeling van SUPROKON Bestuursdienste