Enige sakepersoon kan aansoek doen om lidmaatskap van die Centurion Sakekamer.
Aansoeke om lidmaatskap word deur die bestuur oorweeg en aansoekers
word daarna van die besluit verwittig.
Die jaarlikse lidmaatskapgeld vir 2002 is as volg:
Donateurslede R2000 (minimum)
Gewone Besigheidsorganisasies (Maatskappye, BKs, eenmansake, vennootskappe, ens) R600
Spesiale Organisasies R300 (opvoedkundige instansies, liefdadigheidsorganisasie) (sluit AHI-lidmaatskap uit)
Jong en Senior Sakelui R300
Individuele Lede R300 (persone wat lid is van organisasies wat lede is) (sluit AHI-lidmaatskap uit)
'n Registrasiefooi van R30 is betaalbaar wanneer 'n organisasie of indiwidu vir die eerste keer aansluit of by heraansluiting nadat lidmaatskap verval of
opgeskort is.
Die voordele van lidmaatskap sluit die volgende in:
Netwerkgeleenthede. Lede se belange word bevorder. Lede se belange word op georganiseerde grondslag onder die aandag van owerhede gebring.
Geleentheid om opleidings- en inligtingsseminare by te woon. Dienste en produkte word onder medelede se aandag gebring. Lede kan dien op die hoofbestuur en komitees van die AHI.
Sosiale verkeer tydens ledevergaderings en ander funksies soos die jaarlikse gholfdag, wildsbraai en dinee. Nuusbrief van sakekamer en AHI. Lidmaatskapsertifikaat. AHI-affiliasie
Aansoekvorm is verkrygbaar by die kantoor of klik hier vir pdf-weergawe (208kB)(sluit debietorder in). Klik hier vir debietorder in pdf (105kB)
|