|
Gholfdaguitnodiging
Die Centurion Sakekamer se Gholfdag word hierdie jaar by die Irene Gholfbaan in samewerking met 28 Eskader van die SA Lugmag aangebied.
BORGE
Soos in
die verlede maak ons staat op instansies vir borgskappe wat weer uitstekende promosie- geleenthede bied. Die borgskap opsies is as volg:
- Alleen opsie vir die totale Gholfdag borgskap beloop: R50 000-00
Hierdie borgskap verleen aan die hoofborg die alleenreg om op die baan te adverteer. Die logo van
die borg en die Centurion Sakekamer word gesamentlik op die gholfhemp aangebring. (Onderstaande borgskappe verval wanneer so 'n opsie opgeneem word.)
- Halfweghuis verversings: R10 000-00
- Borg van Gholfhemde (alleenborg): R15 000-00
- Maatskappy logo op hemp: R 5 000-00
- Oefensetperk: R 2 000-00
- Borg van Dineeprogram: R 1 000-00
- Borg van wyn op tafels tydens funksie: R 2 000-00
- Borg van bowwe en setperke
Die borg kry die geleentheid om sy promosie materiaal by die betrokke bowwe en setperke wat hy/sy borg uit te stal.
- Bowwe: Nommers 7 en 16 kan bespreek word teen R2 000-00 elk.
Alle ander bowwe kan bespreek word teen R1 000-00 elk.
- Setperke: Nommers 7 en 16 kan bespreek word teen R2 000-00 elk.
Alle ander setperke kan bespreek word teen R1 000-00 elk.
SPELEROPSIES
Spelers word in 'n 4-balalliansie ingedeel. Individuele inskrywings kan gedoen word asook 2, 3 en 4- bal. Die koste beloop R250-00 per speller of
R1 000-00 per 4-bal.
Hierdie bedrag sluit in:
- Verversings met aankoms
- Gholfhemp
- Gholfkliniek
- Halfweghuisverversings
- Baanfooie (Joggiefooi / gholfkar uitgesluit)
- Aandete (Buffet)
ANDER BORGSKAP OPSIES BESKIKBAAR
Donasies van enige aard wat as gepaste pryse uitgedeel kan word tydens die prysuitdelings-funksie. In ruil daarvoor verskyn
die borg se naam op die program en word dit ook tydens hierdie funksie gepromofeer.
Pryse vir onder andere:
- Beste 4-bal alliansie (beste 2 tellings)
- Verste dryfhou
- Naaste aan pen
Om as speler/borg deel te neem aan hierdie gholfdag, word u versoek om asseblief die inskrywingsvorm (klik hier vir pdf weergawe) in te vul en terug te faks na (012) 664 7211.
NAVRAE KAN GERIG WORD AAN:
Koördinering en Gholfkliniek:
Jady Heyns Golf Events @ Leriba Golf Academy, Endstraat 245, Clubview. Selfoon: 083 2552 729 Kantoor: (012) 660 3300 E-pos: admin.leriba@netactive.co.za
Inskrywing van Spelers en Borgskappe:
Ons sien uit na u deelname.
Leonie Smit
VOORSITTER
|